HAND AAN HAND MET ELANDRÉ

Hand aan Hand saam met Elandre en die Blissful Cleft Foundation, maak ons weer reg vir 'n onvergeetlike Vrouedag fees viering.
Elandré het met die Bruce Springsteen treffer Tougher Than The Rest sy eerste merk gemaak in die Afrikaanse-musiekbedryf en hy en sy aanhangers het nog nooit terug gekyk nie.
Sy soms jeugdig en soms volwasse werk word bestempel as vars, onverwags, onvergeetlik, en trots Afrikaans. Aan die hoof van elke lied, musiekvideo, of verhaal is die trefkrag egter steeds sy unieke bariton stem.
Saam met sy vierstuk-orkes bring hulle nuwe vertolkings van jou gunstelinge asook ‘n paar nuwe nommers 😉
Moenie uitmis op 'n aand propvol lag, sing en dans. Met spesiale dank aan Rooi Rose wat ook ietsie vir elke vrou skenk die aand.
Die Blissful Cleft Foundation neem hande met die Atterbury Trust en GROOTfm vir ‘n aand saam met Elandré om fondse in te samel vir kinders wat geaffekteer is deur ‘n Spleet defek.
🎤Elandré (Sanger) 🎸Konstant de la Porté (Kitaar) 🎹Mirizca Theron (Pianis) 🥁Anrich Engelbrecht (Tromme)
🎸Duard Musk (Bas) 🎭Chrizaan Neethling
9 Augustus, 19h00