top of page

'N GLIMLAG VOL HOOP MET JO BLACK

Banner Jo.jpg

‘n Glimlag Vol Hoop met Jo Black.

Kom kuier hierdie Vrouedag saam met Jo Black – as motiveringspreker – en deel in ‘n glimlag vol hoop.

Met Sune-Chari Sutton as Seremonie Meester is dit verseker dat die oggend vol lag en opwinding gaan wees. Dreidre Barnard maak seker ons eindig die oggend op ‘n hoë noot met haar prag stem.

Ons vat hande met die Blissful Cleft Foundation om bewusmaking te skep oor Spleet Defekte en gebruik graag die geleentheid om geld in te samel om vir nog ‘n kind ‘n vir ewig glimlag te kan skenk asook nasorg te bied.

In samewerking met Fairtree Atterbury Teater, Atterbury Trust en GROOTfm 90.5 is die dag spesiaal beplan om saam, as families en vriende, ons vrouens, harte en menswees te kan vier. Die man in jou lewe is hierdie jaar welkom om die oggend saam met jou te kom geniet.

Met spesiale dank aan Rooi Rose, Miekeraai, WiskAway Ice Cream and Sorbet, Nicole’s Macaroons, Konfetti Love, One Fine Day, Lamelle en nog meer wat reg staan om elkeen te bederf met alles van gekenkpakke tot ‘n in-huis markie, verwelkomingsdrankies en die heerlikste soet en sout bederfies.

Deure open reeds 9:30 vir verwelkomingsdrankies en ‘n ligte versnappering wat ingesluit is in jou kaartjie prys.

Moenie die oggend misloop nie! Bespreek julle kaartjies nou HIER!

© 2020 by Blissfulcleft.org

bottom of page