ELANDRÉ SE ESTETIKA KUIERS

Elandré het saam met Blissful Cleft Foundation weer terug gekeer na die Fairtree Atterbury Teater met sy kraakvars versameling musiek, Estetika; ‘n Kuier saam met Elandré en sy vurige orkes. Dit was‘n nostalgiese reis deur die 2000’s se motorhuis-ruk-en-rol-klanke en sy nuwe nommers wat eerstehands en in persoon kon ervaar word.
Hierdie Vrouedag was 'n geleentheid om bewusmaking te skep en geld in te samel om vir nog ‘n kind ‘n vir ewig glimlag te kan skenk asook nasorg te bied.
Baie dankie aan almal wat gedeel het in ons wonderlike vrouedag kuier!
Dankie liewe Elandré vir nog 'n bitter spesiale vertoning en dat jou hart so mooi is! Ons waardeer jou!
Ons wil ook dankie sê vir al ons borge wat gehelp het om die dag so spesiaal te maak:
Dankie aan One Fine Day One Fine Brand vir die pragtige foto’s wat julle in hierdie reel sien.
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
WhiskAway Ice Cream and Sorbet
Dr Maureen Van Eyk
@The Be-YOU-tee Box


























